
Henry Blackaby sê: ‘Sedert die dae van Adam en Eva al moes mense kies wie om te glo. Satan het hulle oortuig dat hulle alles kon wen deur ongehoorsaam te wees. Hulle het egter alles verloor en moes vir die res van hulle lewens met minder tevrede wees as die volle maat van God se seëninge. Die wêreld wil jou oortuig dat jy vervulling kan vind deur wêreldse standaarde vir jou huwelik, die opvoeding van jou kinders, en jou loopbaan. As jy dit glo, sal jy nooit God se volle seën ontvang nie. ‘Want wat die sonde uitbetaal, is die dood …’ (Romeine 6:23 NLV) .Jesus wil dat jy seker moet wees jy is Sý geliefde kind. As jy nie vandag Sy liefde, vreugde en vrede ervaar nie, is jy met minder tevrede as wat God vir jou bedoel het. Moenie verskonings maak vir jou gebrek aan ‘n oorvloedige en vreugdevolle lewe nie. Wees met niks minder nie as God se beste tevrede.
Luister na die stem van die Verlosser; vind vervulling op God se manier.’
Bron : Radiokansel


