Hoekom vat dit so lank?

ImageHoekom vat verandering so lank? Want:(1) Ons is stadige leerders. Hoe dikwels het jy nie misluk en gedink: “Nie alweer nie! Ek het gedink ek weet van beter.” Die geskiedenis van Israel toon hoe vinnig ons die lesse wat God vir ons geleer het, vergeet en terugval in ons ou gewoontes en gedragspatrone. “Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie,” (Heb. 2:1, NAV).

(2) Ons het soveel om te leer. Ons gaan na ‘n berader met probleme wat jare gevat het om te ontwikkel en verwag: “Maak my reg. Ek het ‘n uur.” Wag ‘n bietjie! Jou probleme het nie oornag ontwikkel nie en hulle sal ook nie oornag verdwyn nie! Daar is geen pil, gebed of beginsel wat oombliklik die skade tot niet kan maak wat deur al die jare berokken is nie. Dit verg harde werk, opruiming en vervanging. Die Bybel sê ons moet “die ou, sondige mens, soos vuil klere uittrek . trek die nuwe mens soos skoon klere aan,” (Ef. 4:22 &24, NLV). Ons het steeds ou lewenspatrone, gewoontes en ontvanklikheid wat ons moet hanteer.

(3) Groei beteken pyn. Elke verandering behels een of ander verlies. Ons moet ons ou gewoontes laat gaan sodat ons die nuwe lewe wat Christus belowe het, kan beleef. Ons is bang vir hierdie verliese, selfs al was ons ou gewoontes self afbrekend, want, net soos ‘n ou paar skoene, is hulle gemaklik en bekend.

(4) Dit vat tyd om gewoontes aan te leer. Jou karakter is die somtotaal van al jou gewoontes. Daar is net een manier waarop ons gewoontes soos dié van Christus kan ontwikkel, ons moet dit voortdurend oefen! Daar is geen gewoontes wat oombliklik kan posvat nie. Dit is hoekom Paulus by Timoteus aangedring het: “Lê jou op hierdie dinge toe, leef daarin, sodat almal jou vordering kan sien,” (1 Tim. 4:15, NAV).

Scroll to Top