
Op dieselfde manier laat die genesingsproses jou fokus op sake wat verwant is aan die oorspronklike probleem: kommunikasie, finansies, tyd, ouerskap, en probleme met intimiteit. As jy ‘n gesonde verhouding wil hê, is daar geen kortpaaie nie; jy moet aandag skenk aan hierdie probleme. As jy probeer om hulle te ignoreer, gaan hulle kort voor lank jou hoop op ‘n heel, gelukkige verhouding in die wiele ry. As jy dit nie self kon aflei nie, herstelwerk is nie bedoel vir luiaards en bangbroeke nie. Die beloning is egter die moeite werd, spring dus aan die werk!
Versterk mekaar se pogings. God het gesê: “Gee eer aan die wat eer toekom,” (Rom. 13:7, NAV) want dit is ‘n beginsel wat werk. Uit gewoonte bedank ons die kelner, die huurmotorbestuurder en die persoon agter die kasregister in die supermark. Dit is ‘n gewoonte wat van onskatbare waarde is – en een wat ons gerus kan saamvat huis toe.
Mense wat besig is om aan hulle verhouding te werk, het die genesingskrag nodig wat verkry word vanuit ‘n gereelde dosis beleefdheid. Jy sal verbaas wees hoeveel genesing plaasvind wanneer jy jou waardering aan ‘n ander persoon wys. Volgens die “beginsel van versteweging” kry jy meer uit diegene aan wie jy erkenning gee, so onthou om vandag nog jou geliefde te bedank vir selfs die kleinste poging om julle verhouding te verbeter. Jy sal nie net besig wees om hom/haar te eer nie, dit sal ‘n aanmoediging wees vir verdere pogings en ‘n deposito in julle “verhoudingsrekening” wat later heelwat rente sal verdien.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)


