
Dit is ‘n lig om jou die pad te wys, kos om jou te voed, en die gemak om jou bly te maak. Dit is die reisiger se padkaart, die vlieënier se kompas, die soldaat se wapen, en die speler se strategie. Dis ‘n myn van ongelooflike welvaart, en ‘n rivier van werklike vreugde.
Sy doktrine is heilig, sy voorskrifte bindend, sy geskiedenis waar, en sy besluite is onomkeerbaar. Christus is sy belangrikste onderwerp, jou welsyn sy ontwerp, en die heerlikheid van God sy einddoel. Lees dit om wys te word, glo dit om veilig te wees, beoefen dit om geestelik gesond te wees. Lees dit stadig, dikwels en gewyd. Laat dit jou geheue vul, jou hart regeer, en jou voetstap lei. Dit is vir jou in lewe gegee, sal by die oordeel oopgemaak en vir ewig onthou word.
Dit handel oor die grootste verantwoordelikheid, sal die grootste werk beloon en diegene veroordeel wat sy heilige inhoud verkleineer.’ Die Bybel is ‘Die woord van die Here, dit bly vir ewig…’ (1 Petrus 1:25 NV). Die meeste van ons respekteer die Bybel; die jammerte is ons lees dit nie daagliks of wend dit nie in praktyk aan nie.
Nadat hy ‘n bespreking oor die verskillende vertalings van die Bybel gehoor het, het ‘n man gesê: ‘Ek verkies my ma se vertaling, want sy het dit op die alledaagse lewe toegepas.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)



