
1) Waardig om lief te hê. “… jy [is] vir My kosbaar en belangrik… Ek [het] jou lief… moenie bang wees nie, want Ek is by jou.” (4-5). Wat ‘n versekering! Die Bybel sê: “Hy omvou [jou] vir altyd en bewaar [jou] van elke kwaad.” (Deuteronomium 33:12 NLV). Wat ‘n veilige posisie om in te wees!
2) Waardevol. As jy as ‘n verwerpte mens grootgeword het, het jy die verkeerde boodskap gekry. God het jou waarde by die kruis bepaal. “… die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.” (Galasiërs 2:20 NLV).
3) Bekwaam. As jy nie grootword in ‘n ondersteunende omgewing nie, kan jy uiteindelik min vertroue in jou eie vermoëns hê. Dit is hoekom ons kompenseer deur te oorpresteer. God weet egter dat jy bekwaam is, want Hy het “… aan elkeen… ‘n genadegawe gegee.” (1 Petrus 4:10 NLV).
Moenie dat enige iemand jou vertel jou lewe maak nie saak nie. Dit maak saak, want God sê so!
Bron : Radiokansel


