Die krag van Godgegewe idees (2)

typewriter1201

typewriter1201In “What the World Owes to Christians” vertel Dr Victor Pearce die verhaal van die ontstaan van die tikmasjien. ‘Dis deur ‘n Christen, Christopher Sholes, ontwikkel om besige predikante te help om hulle preke makliker te skryf. Sholes was bekommerd oor sy leraar wat gedurende die week só besig was met besoeke aan die slagoffers van ‘n epidemie, vertroosting van naasbestaandes, en begrafnisse, dat hy skaars tyd kon kry om sy Sondag-preke te skryf.

Op ‘n dag het Sholes gesê dat dit jammer is dat daar nie ‘n vinniger manier van skryf vir besige mense soos predikante was nie. ‘n Vriend het voorgestel dat Sholes ‘n masjien daarvoor ontwerp. Maande van harde werk het gevolg, totdat Sholes uiteindelik, met ‘n klein groepie mense as ooggetuies, die volgende woorde in hoofletters op papier kon tik, C LATHAM SHOLES, NOV 1867.

Ses jaar later het die Remingtons (die bekende tikmasjien-vervaardigers) besef dat die tikmasjien die sakebedryf totaal kon hervorm. Toendertyd was klerke meestal mans, maar die Young Women’s Christian Association het begin om vroue as tiksters op te lei. Dit het natuurlik ‘n skandaal veroorsaak, maar, aangesien vroue die eerste opgeleide tiksters was, was daar ‘n stormloop om hulle dienste te bekom.

Dit is dus aan die tikmasjien te danke dat vroue se plek nie net meer in die huis nie, maar ook in die kantoor kon wees.’ Mag ‘n mens maar aan God vra om jou sake-onderneming te seën? Inderdaad. God wíl dat jou onderneming slaag, sodat jy aan Sý onderneming kan help bou – die verkondiging van die evangelie aan die hele wêreld.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top