
‘n Geestelike perspektief op beproewinge sal keer dat jy onder die gewig daarvan swik. Wanneer jy jou beproewinge uit God se perspektief probeer sien, word jou gees vernuwe en sal jy die krag hê om aan te gaan en dÃt te ontvang wat God vir jou uithou.
Jakobus skryf: “Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang” (Jakobus 1:12 NLV). Die oorwinningskroon is nie iets wat jy net in die hemel kry nie – jy kan dit vandag nog geniet. Dit is bestem vir diegene wat ‘volhard’. Wanneer God vir jou die kroon gee, sê Hy: “Jy het nog een van die lewe se toetse geslaag; nou is jy gereed om meer seëninge te ontvang.” Onthou jy hoe wonderlik dit gevoel het om ‘n moeilike toets op skool te slaag? Wel, moenie moedeloos word nie. God is besig met iets groots. Hou aan – en moenie tou opgooi voordat jy die oorwinningskroon ontvang nie.
Bron : Radiokansel



