
Die Bybel sê nie hoe lank hierdie verlamde man by die poort gesit het nie, maar die man het geen rede gehad om te dink dat daardie dag anders as enige vorige dag sou wees nie. Hy het nie geweet dat dit sy ‘dag van verlossing’ sou wees nie. Weet jy wat? Vandag kan jóú dag wees! God kan vandag jou lewe verander, jou gesond maak, jou verhouding herstel. Dit sal egter nie gebeur nie totdat jy jou nood erken en gereed maak om God se genade te ontvang. Dít beteken: a) met verwagting te lewe; b) jou geloof sterk en jou hart oop te hou; c) God se beloftes in plaas van jou twyfel te ‘praat’.
Jesus het aan die dissipels gesê, ‘…julle geleentheid is altyd voor hande.’ (Joh. 7:6 NLV). Soos Hy hulle gebruik het om die verlamde man gesond te maak, sal Hy jou ook gebruik. Jy moet egter gereed wees. Wees bewus van die nood om jou, wees paraat vir God!
Bron : Radiokansel




