Klim van die skuldgevoel-trein af!

RKDie Bybel sê: “almal het gesondig en .
ontbreek . aan die heerlikheid van God,” (Rom. 3:23, OAV). Die sterkstes
onder ons het swakhede waarmee ons stry. Deur aan te hou om skuldig te voel
daaroor, straf jy nie net jouself nie, jy laat ook ander toe om jou te straf
omdat jy dink dat jy dit verdien. Wanneer jy jou lewe oorgee aan Jesus, beteken
dit nie dat jy sondeloos is nie. Selfs Paulus, by wie “die wil (was) om
die goeie te doen,” herken “maar ek doen dit nie,” (Rom. 7:18,
NAV).

Die goeie nuus van die Evangelie is dat daar
“geen veroordeling . in Christus” is nie en wanneer jy berou het en
vergifnis vra, sal God sy Woord gestand doen. Niks wat jy doen kan
Hom verras nie. Hy weet “ons wat hierdie skat in ons het, is maar
kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie
van ons nie,” (2 Kor. 4:7, NAV). In Disciplines of the Hungry Heart, skryf
pastoor R. Paul Stevens: “Terwyl ons gemeente aanbid en ek na die mense
gekyk het wat ek so liefgekry het, het ek gesien dat elkeen ‘n kleipot was. Ek
het na elke modderpot gekyk en uitsonderlike gesmelte goud gesien. Elke
persoon, swak, weerloos en half-gevorm, het ‘n skat aan die binnekant, elke pot
was gekraak en die goud het deur die krake uitgeloop. Dit is hoe bediening in
die wêreld plaasvind, dit word nie uit duur vase gegooi nie, maar loop deur die
foute en swakhede van regte mense wat deur Christus gebruik word.

“Satan, “die aanklaer van ons
medegelowiges,” (Op. 12:10, NAV) gaan probeer om jou te laat slegvoel oor
jouself. Dit is sy spesialiteit! Maar jy kan
hom oorwin deur hom daaraan te herinner dat Jesus die prys betaal het vir jou
sondes – die in die verlede, hede en toekoms. Gooi vandag nog al jou
skuldgevoelens af en “Dien die Here met blydskap!”

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za

Scroll to Top