
Elmo Phillips, ‘n komediant, het die volgende vertel: ‘Ek het onlangs aan iemand wat ek pas ontmoet het, gevra, “Is jy ‘n Protestant of ‘n Katoliek?” Hy het geantwoord, “Protestant.” Ek het gesê, “Ek ook!” Ek het gevra “Watter denominasie?” Hy het gesê, “Baptiste kerk.” “Ek ook!” het ek gesê. “Noordelike of Suidelike Baptiste?” “Noordelike Baptiste,” het hy geantwoord. “Ek ook!” het ek geskree. So het ons oor en weer gepraat. Uiteindelik het ek gevra, “Noordelike Konserwatiewe Fundamentalistiese Baptiste, Groot Mere Gebied, Sinode van 1879, of Noordelike Konserwatiewe Fundamentalistiese Baptiste, Groot Mere Gebied, Sinode van 1912?” Hy het gesê, “‘Noordelike Konserwatiewe Fundamentalistiese Baptiste, Groot Mere Gebied, Sinode van 1912.” Ek het geskreeu, “Sterf, jou ketter!”‘
Besef jy dat Jesus gebid het, ‘…dat hulle almal een mag wees…sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.’ ‘n Verskeurde kerk kan nie sterk wees nie. Het jy al ooit gedink wat ons kan vermag as ons kan saamstaan? Die liefde binne so ‘n kerkgemeenskap sal mense soos ‘n magneet aantrek. Dit klink wonderlik, nie waar nie?
Bron : Radiokansel




