Die regte kant van die boot

RKLogo_Reg

RKLogo_RegWanneer jy besluite maak in ongeloof en twyfel werk dinge altyd verkeerd uit. Nadat hulle Jesus hoor belowe het om op te staan uit die dood en Hom weer lewendig gesien het, het die dissipels teruggekeer na wat hulle gedoen het voor hulle Hom ontmoet het: visvang. Die Here gebruik ons ervarings om ons te leer, maar Hy lei ons altyd vorentoe – nooit terug nie. Wanneer vrees en onsekerheid ons wil terugdwing na dit wat ons ken, sal ons soos die dissipels opeindig. “Hulle het in die skuit gaan klim, maar het gedurende daardie nag niks gevang nie” (1 Joh 21:3 NLV).

Maar daar is goeie nuus: As God jou geroep het, is jy steeds geroep. Let op hoe Jesus hulle aanspreek: “Kinders, het julle nie iets om te eet nie?” (1 Joh 21:5 NLV). Ten spyte van jou glanslose prestasie, is jy steeds Sy kind. Volgende sê Hy vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit. Hulle het die net uitgegooi, maar kon dit nie weer intrek nie as gevolg van die groot hoeveelheid vis. Die lieflingdissipel sê toe vir Petrus: ‘Dit is die Here!'” (1 Joh 21:6-7 NLV). Daardie oggend het Jesus saam met hulle geëet, hul vertwyfelinge laat opklaar en hulle opnuut uitgestuur om die wêreld te verander.

Wat is die les? Wanneer ons teen God se wil werk is dit soos om aan die verkeerde kant van die boot vis te vang; ons maak onsself moeg en het niks om te wys vir ons moeite nie. Is jou lewe suksesvol? Nie? Miskien vang jy vis aan die verkeerde kant van die boot! Dit gaan nie reg uitwerk totdat jy oorgee aan Christus nie. Laat Hom toe om jou die pad te wys.

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top