Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Verlos van skande
“Die Fariseërs bring toe ‘n vrou wat op die daad van owerspel betrap is… Hulle sê vir Hom ‘…Moses het in die wet aan ons opdrag gegee om sulke vroue te stenig…'” Wat was Jesus se reaksie? “‘Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ‘n klip na haar gooi.’ …Nadat hulle dit gehoor het, het hulle een vir een begin weggaan… Jesus het toe vir haar gesê: ‘Dame, waar is hulle heen? Het niemand jou veroordeel nie?’ Sy het geantwoord: ‘Niemand nie, Meneer.’ Jesus sê toe vir haar: ‘Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.'” (Joh 8:3-11 NLV). Let hier op 2 dinge:
(1) Diegene wat die minste reg het om jou te veroordeel, sal dit doen! Kies jou vriende uit daardie groep mense wat God se genade ken en weet hoe om dit aan ander te bewys.
(2) Die Een wat die meeste reg het om jou te veroordeel, sal dit nie doen nie! Bly naby Hom, en jy sal vind dat jy vinniger herstel. Jou littekens is nie permanent nie. Christus sal jou in jou donkerste diepte tegemoet kom en die ou wonde genees. Daar is geen grens aan die diepte van die skande waarvan Hy ons kan bevry nie, want daar is geen perke aan Sy genade nie. As die las van jou sondige verlede swaar op jou gewete rus, kom na Jesus toe. Hy staan gereed om jou te vergewe en jou te verlos.