
Moses het 14 600 dae lank gewonder: “Is dit al tyd?” Maar God het aanhou “nee” sê. Anders as wat die gewilde sielkundiges en die blitssukses-seminare ‘n mens wil laat glo, is daar geen maklike paadjie tot volwassenheid nie. God maak oornag ‘n sampioen, maar ‘n reuse-akkerboom neem 100 jaar. God stel die program vas, nie ons nie. Wanneer jy moedeloos raak oor hoe ver jy nog moet gaan, stop en kyk bietjie terug na hoe ver God jou klaar gebring het.
Was daar nie tye wat jy net wou opgee nie? Tog het Hy nooit opgehou om jou lief te hê, in jou te glo en jou te ontwikkel nie. “Maar as ons ontrou is – Hy bly getrou…” (2 Tim 2:13 NLV). Jare gelede het mense ‘n borsspeld met die letters PBPGINFWMY gedra (Please be patient, God is not finished with me yet).
Hy is nog nie klaar met jou nie!
Bron : Radiokansel




