Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Sorg vir jou hart
Die uitdrukking ‘wees versigtig’ kom van die Griekse woord episkopos, wat toesig, oorsig en korrigeer beteken (dit is die oorsprong van die woord ‘biskop’). Jy is die toesighouer van jou hart en moet elke dag wat in jou hart gebeur, kontroleer, beheer en korrigeer. Moenie ander kwalik neem vir jou verkeerde gesindheid, gebelgdheid of haatdraendheid nie. Wanneer iemand jou te na kom, kan slegs jý besluit of jy bitterheid wil laat wortelskiet. Jy kan nie ander mense se optrede beheer nie, maar dis jou ‘binneste’ – die gedeelte wat jy wél beheer – wat God wil hê jy moet reg hanteer. Jy kan besluit of irritasie in woede sal omsit, woede in gebelgdheid, en gebelgdheid in vergelding. Paulus sê, ‘Wees baie versigtig… Moenie dat daar onder julle ‘n giftige loot opskiet wat moeilikheid veroorsaak en baie aansteek nie.’ (Hebreërs 12:15 NLV).
Onkruid neem ‘n tuin oor omdat die tuinier dit nie gou genoeg uittrek nie. Wanneer onkruid jou tuin verstik, kan jy nie sê, ‘Ek weet nie wat gebeur het nie!’ As jy ‘versigtig is’ sal jy hulle sien opkom. Die enigste manier om van die onkruid van die vyand in jou lewe ontslae te raak, is om die toestand van jou hart te beheer. Wanneer jy met ‘n kwetsende situasie te doene het, weier dat ‘n verkeerde gesindheid wortelskiet en slegte vrugte dra. Vra God eerder om Sy hulp om daardie afbrekende gedagtes met genade en vergifnis teenoor diegene wat jou seermaak, te vervang. Die Bybel sê, ‘Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.’ (Spreuke 4:23 NLV).
Untitled Document Die verslete Bybel het tussen ander boeke op die winskooptafel gelê. Baie mense het reeds daardeur geblaai en dit weer neergesit. Dit was…