
Die Apostel Paulus het aan die einde van sy lewe geskryf, ‘…ek het die wenstreep bereik…’ (2 Timoteus 4:7 1983-Vertaling). Daarna het hy die bediening aan Timoteus oorgegee en na die laksman gestap. Hy is met sy dood natuurlik van sy pligte onthef, maar sy impak was groter as ooit. Hy skryf: ‘…God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word…’ Watter soort bestaan? ‘n Verheerlikte bestaan! ‘n Lewe met impak!
Dustin Hoffman vertolk die rol van ‘n savant in die rolprent Rain Man. Dis iemand wat te midde van ‘n oseaan van gestremdheid een klein eiland van genialiteit het; in sý geval sy ongelooflike aanvoeling vir syfers. Ander savante het byvoorbeeld groot musiek- of kunstalente. Weet jy wat? Jy het ook ‘n eiland van genialiteit. God het aan jou ook ‘n talent gegee. Glo dit. Ontdek dit. Ontwikkel dit. Koester dit. Gebruik dit. Gee dit aan ander. Dit is verheerlikte bestaan!
Bron : Radiokansel




