Verantwoordelikheid is ‘n munt met twee kante. Aan
die een kant lê verantwoordelikheid en aan die anderkant lê beloning. Te veel
van ons fokus slegs op die een kant van die munt – die beloning.
Wanneer jy verantwoordelikheid aanvaar, behels dit
drie dinge:
(1)
waarvoor jy verantwoordelik is.
(2)
teenoor wie jy verantwoordelik is.
(3)
tye verantwoordelik op te tree.
Al die verskonings wat jy teenoor jouself, en
teenoor ander maak, gaan jou nie veel help nie. Jesus het gesê: “Van
elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word.” Die bestuurshoof van
‘n hondekosmaatskappy het by hulle jaarlikse kongres vir sy verkoopspan gevra
wat hulle van die maatskappy se nuwe advertensieveldtog dink. “Dit is uitstekend!”
het hulle geantwoord. “Die beste op die mark.” “Wat dink julle
van die produk?” het hy gevra. “Fantasties!” het hulle
geantwoord. “Wat van die verkoopspan?” was sy volgende vraag. Hulle
was die verkoopspan en het vanselfsprekend positief geantwoord en gesê dat
hulle die beste is. “Goed dan,” het die bestuurshoof gesê. “Ons
het dus die beste produk, die beste verpakking, die beste advertensieveldtog en
die beste verkoopspan. Waarom beklee ons die sewentiende plek in ons industrie?”
Na ‘n ongemaklike stilte, skree een van die verkoopsmanne: “Dis daardie
honde – hulle wil net nie die kos eet nie!”
Raai wat? Jou probleem is nie die honde, jou
werk, jou eggenoot, die gemeenskap, of enigiets anders nie. Wees eerlik, die
grootste uitdaging in jou lewe is jyself. As jou lewe nie verloop soos wat jy
wil hê dit moet nie, is jy verantwoordelik daarvoor om dit te verander. En God
sal jou help as jy Hom vra, maar jy moet wil verander, besluit om te verander,
en elke dag werk na daardie doel toe.