Gaan versigtig om met jou woorde

2012-09-11 215355

2012-09-11 215355Jy kan met jou woorde twee dinge skenk. Eerstens, aanmoediging. Ella Wheeler Wilcox het gesê, ”n Klop op die rug is net ‘n aantal rugwerwels weg van ‘n skop op die agterstewe, maar in terme van resultate is dit ver voor.’

Salomo het gesê, ‘Vriendelike woorde bring lewe, bedrieglike woorde ontstel mense.’ (Spreuke 15:4). Wanneer die lewenstorms woed, is min dinge beter as die regte woord op die regte tyd!’ (Spreuke 15:23). Hoop dring deur die moedeloosheid, en mense begin weer glo dat hulle ‘n kans het om hulle omstandighede te bowe te kom.

Talle verwonde mense is al deur woorde van aanmoediging aangespoor om uit die vallei ‘van doodskaduwee’ te kom. ‘Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe.’ (Spreuke 16:24 NLV). Aanmoediging kan wonde genees. ‘n Kaartjie, epos, telefoonoproep – die Bybel noem hulle “goue appels in ‘n silwer houer.” (Spreuke 25:11).

Tweedens, jou woorde kan redding bring. ”n Mens wat wys is, red ander se lewens. [want God, die visser van mense, maak hulle bymekaar vir die ewigheid]’ (Spreuke 11:30). Die beste gebruik vir jou tong is om ander van Jesus te vertel. Jy hoef Hom nie te verdedig nie, maar moet Hom net bekendstel. ‘Die woorde van die regverdige is soos ‘n fontein van lewe’ (Spreuke 10:11). Jy kan met jou lewegewende woorde teenoor verlorenes hulle help om hulle verlede, hulle hede en hulle toekoms te verander en verbeter. Jou woorde kan mense ook help om geestelik te groei en hulle verhouding met God te verinnig.

Ja, ‘Die regverdiges bring lewe deur hulle woorde…’ (Spreuke 10:21).

Bron : Radiokansel (inhoud aangepas)

Scroll to Top