
Ek moet erken; ek is nie regtig iemand wat op legkaarte fokus nie. Sou die geleentheid homself egter voordoen kan ek myself nie keer om ‘n paar stukkies te voltooi nie. Ek weet nie hoekom iemand ‘n 1000 stuk legkaart ooit sal wil uitpak nie. Veral as die tema wolke is en driekwart van die legkaart uitmaak. ‘n Mens kan nie eers jou logika gebruik om die kleure te gebruik as verwysing nie. Dis soos die Engelsman sal sê : “Trail by error”. Die vyfde keer wat jy voor begin is jy spyt oor die aankoop daarvan.
Dalk die grootste teleurstelling is wanneer jy net een stukkie legkaart kort om die hele projek te finalseer. Maak wat jy wil maar daardie een stukkie bederf die hele prentjie. Jy kan hom nie raam nie en waag jy dit dat een van jou vriende dit raaksien kry jy die volgende reaksie;
“Dis pragtig!”
“Het jy dit self gedoen?“
“Hoe lank het dit jou geneem?”
en dan;
“Waar is die “puzzle” daar heel bo…?
Jy kan enige verskoning aanbied maar dit maak nie jou legkaart voltooid nie! Daardie laaste stukkie legkaart, so klein, maar tog so onmisbaar vir die finale eindproduk.
Klink vir my soos Paulus wat ons aanspoor om aan te hou tot die einde, om ontslae te raak van goed wat ons weerhou van ‘n vol lewe in Christus? Strewe daarom vandag om nog meer en meer van Jesus te leer, elke dag meer in jouself te sterf en te groei deur Sy Heilige Gees.
Johann (ministriesworldwide.net)



