Om genade te bewys – 2

Rk‘n Ou Kwaker het ‘n befoeterde melkkoei gekoop. Elke keer as hy haar wou melk, was daar eers ‘n wilsoorlog. Die ou man was vasberade om genade te betoon te midde van sy vuurproef en hy het dus geweier om te reageer toe Bessie op sy voet getrap het, hom met haar stert deur die gesig gelaan het en die melkemmer omgeskop het. Uiteindelik het sy hom teen die stalmuur vasgeskop. Dit was die laaste strooi! Dreigend het hy gebrul: “Jy weet ek is ‘n Kwaker en ek mag nie terugslaan nie, maar ek kan jou verseker aan ‘n ander boer verkoop!” As jy die een is wat te nagekom is, is dit moeilik om genadig te wees en die werk waarmee jy besig is te voltooi. Dit is wanneer jy “groter genade” nodig het en die volgende beginsels in gedagte moet hou:

(a) Teenstrydige standpunte help jou om te groei. As jy ooit in die geselskap van tieners was, sal jy dit verstaan. Hulle is meesters daarvan om op te kom met onkonvensionele, verregaande opini es, wat jou uitdaag en eerlik hou.

(b) Moet nooit karaktermoord pleeg nie. Om nie saam te stem nie is een ding, maar om ‘n ander te vernietig is iets anders. Van die ergste persoonlike aanslae (in die publiek en privaat) was oor godsdiens en politiek. As jy moet veg, veg regverdig.

(c) As jy verloor, vat dit soos ‘n man. Moenie oor en oor ou griewe ophaal nie: “Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder,” (Rom. 14:19).

(d) Soms is dit noodsaaklik om op verskillende paaie te gaan. Toe Paulus en Barnabas ‘n verskil gehad het oor Johannes Markus, “het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het,” (Hand. 15:39).

 Was dit die einde van die storie? Nee, die begin van twee bedienings!Wees genadig!

Scroll to Top