Probeer God se manier!

Het jy al ooit iemand gesien wat met krukke oor die weg probeer kom? Soms probeer hulle op een been balanseer, of rus hulle enkele meters verder, met rou en seer hande. Om op krukke te leun, kan uitputtend wees. So ook kan dit wees as jy op jou eie insig probeer leun.
As jy wil hê dinge moet verkeerd loop vir jou – sluit God uit. Probeer om dinge te laat uitwerk deur jou eie oordeel te gebruik. Wanneer jy die muur tref, probeer iets anders. Wanneer jy ook hiermee nêrens kom nie, probeer logika, dan paniek. Die waarheid is dat sommige van ons optree asof ons aan angs verslaaf is. Ons het so lank op hierdie manier geleef dat ons dit nie meer kan sien of erken nie. Wanneer een bekommernis weg is, kry ons ‘n ander een in sy plek. Hulle staan tou voor ons deur, want die bordjie by die deur sê ‘Almal is welkom!’ Dis asof ons daarvan hou om hulle te vermaak. Maar Jesus sê hulle is ‘n mors van lewe en energie. Hulle hou jou so gefokus op wat jy benodig, of wat jy dalk mag verloor, dat jy nie tyd het om dit wat jy het te geniet nie (sien Matt. 6:25). Dis nie hoe ons moet lewe nie!
Begin eerder volgens die Skrif lewe as om jou te bekommer: (a) “Moet oor niks besorg wees nie.” (b) “maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking aan God bekend” (c) “[doen dit] met danksegging” (d) “En die vrede van God sal oor julle harte en gedagtes die wag hou” (Filip. 4:6-7, NAV).
Gaan nou en probeer God se manier!
© 2009 radiokansel.co.za
Scroll to Top