Oorgebring

2012-09-25 234443

2012-09-25 234443Die Bybel sê Jesus het ‘ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun.’

Die ou vertaling (1953) sê: ‘Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun.’ Die een vertaling sê ons is onder die heerskappy ‘gestel,’ in die ander word ons ‘oorgebring.’

Beide vertalings is korrek; elk weerspieël ‘n ander faset van die waarheid. Kom ons kyk na elkeen: 1) Oorgebring. As iemand ‘n huis koop, word die eienaarskap oorgedra in die koper se naam. ‘Julle is gekoop, en die prys is betaal…’ (1 Korintiërs 6:20 NV).

2) Gestel. Ons stel ‘n boek se taal in ‘n ander taal; die woorde klink anders. Jy leef in die nuwe koninkryk, daarom moet jy die nuwe taal gebruik! Wanneer God se Woord sê jy ‘kan’ of ‘kan nie,’ is dit ‘n teken aan satan dat hy jou kan beïnvloed. Of erger, jou kan beheer! Die nuwe geboorte vereis ‘n nuwe taal. Die Bybel sê die mag van lewe en dood is in jou tong.

Om in God se koninkryk te floreer, moet jy spreek wat God se Woord oor elke situasie sê. Dis nie maklik nie, en mens leer dit nie oornag nie. Maar as jy jouself daagliks in die Skrif inleef, gaan jy die punt bereik waar jy God se Woord onmiddellik sal aanhaal. Wanneer dit gebeur, sal jou lewensuitkyk ten goede verander.

Bon : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top