
Twyfel is die ergste van alles, en die stories betrek meer vriende, vriende van vriende, mense van die kerk, bure. ‘n Vroeë aftrede hier, ‘n aflegging daar, ‘n skeidingspakket, die statistieke kry gesigte en die vretende angs maak elke dag erger.’
Dis moontlik dat jy self oomblikke van mismoedigheid ervaar – daaglikse steke van frustrasie wat jou uitput en van vreugde ontneem. Satan is soos ‘n terroris wat in guerrilla-oorlogvoering spesialiseer. Hy besef hy sal teen die magte van die hemel verloor, daarom takel hy individuele gelowiges. Die kwessie is, hoe bly jy standhou as ‘wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem word?’
Een ding is seker, Jesaja sê: ‘U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar…’ (Jesaja 26:3 OV). As Moses gefikseer was op sy omstandigheide, sou hy allermins vrede kon hê waar hy tussen die Rooi See en die Egiptenare gestaan het. Sy vrede het gekom uit die wete dat hy was waar God hom wou hê. Vrede op sigself is nie die doel nie; vrede is ‘n by-produk van weet: ‘Hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir die wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan die wat by U skuil’ (Psalm 31:20 NV).
Bron Radiokansel




