Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Voel jy onbekwaam?
Moses was gedeeltelik reg toe hy aan God gesê het dat hy nie vir sy taak opgewasse is nie. Wanneer God wil hê dat jy iets moet doen, máák Hý jou egter bekwaam, maar nie noodwendig vóór die tyd nie. Jy word dikwels bekwaam gemaak terwyl jy met jou opdrag besig is. Het jy al aan die Here gesê, ‘Ek is vreesbevange om voor mense te praat; wat bedoel U ek moét hierdie vergadering lei?’ Of, ‘Ek het nie die nodige vaardighede nie. Hoekom wil U hê dat ek vir die pos aansoek doen wanneer ek nie eintlik daarvoor kwalifiseer nie?’ Die enigste kwalifikasies wat jy egter móét hê om die werk te doen wat God van jou vra, is Sy krag en Sy vermoë. Die res is ‘indiensopleiding.’ Jy hoef slegs op God te vertrou en Sy bevele uit te voer.
Dit beteken egter nie dat jy nooit bang sal wees nie. Soos Moses voel jy dalk só ontoereikend dat jy nie kán dínk hoe jy óóit sal kan slaag nie. Dís wanneer jy jou geloof moet gebruik om jou verder as wat jy jou kan indink in te span en te laat groei. Dan doen jy wat jy móét doen, gebaseer op wat jy nóú weet. Dít kan jou nederig maak Jy sal waarskynlik meer as óóit van God afhanklik wees. Dit sal dalk nodig wees om baie vrae te vra. Moet egter nie huiwer om raad te vra, foute te begaan, of dinge ánders te doen as jou voorganger nie. As jy deur God geroepe is, ís jý die regte persoon vir die pos! Moet dit nooit vergeet nie.