
Min mense het al so diep geworstel met onbekwaamheid as die Apostel Paulus. Hy het geskryf: “Wie is tot hierdie taak in staat?” (2 Kor 2:16 NLV) Nietemin het Paulus geweldige sukses behaal. Hoe het hy dit reggekry? Luister: “Ons bekwaamheid kom van God wat ons bekwaam gemaak het…” (2 Kor 3:5 NLV) Sonder God se krag in ons lewens is ons totaal onbekwaam. Hierdie is ‘n moeilike begrip vir selfversekerde mense om te aanvaar. Hulle sukkel om te dink: “Sonder God weet ek nie wat die regte ding is om te doen, of hoe om dit reg te doen nie, of waar ek die krag vandaan sal kry om dit te doen nie. So ek moet deurgaans op Hom vertrou.” Sodra jy hierdie woorde egter aanvaar en daarvolgens begin lewe, bevind jy jou op die drumpel van die lewe wat jy nog altyd wou hê.
Kopiereg 2009 Radiokansel



