
Wie is in beheer? Hou jy hom vas of hou hy jou vas?
So, om die eerste baba-treetjie te illustreer, vra ek die mense dan om hul beursies vir die persoon langs hulle te gee. Op hierdie oomblik het ek skielik almal in die gehoor se volle aandag! Dan kondig ek kollekte-tyd aan. Ek moedig mense aan om met oorgawe te gee. Op hierdie punt vat almal vinnig hulle eie beursies terug. Dan vra ek mense om vandag te verklaar tot ‘genoeg-dag’: Wat ek vandag besit – werk, huis, besittings en lewenstyl – is genoeg. Ek vra die mense om vandag op hulle kalenders aan te dui as dié dag waarop hulle opgehou het om met die bure te kompeteer. Jy sien, dit is nie meer nodig nie, want saam met God wen ons almal!”
Bron : Radiokansel


