
Hy was wel ‘n lid van die golfspan, maar het die enigste belangrike wedstryd van die seisoen verloor. Hy was nie tuis in ander se geselskap nie. Op hoërskool het hy nooit ‘n meisie uitgevra nie. Daar was egter één ding wat vir Sparky belangrik was: skets. Hy was trots op sy sketse, al het niemand anders dit waardeer nie. Sy sketse is nie eens vir die skooljaarboek gekies nie; nogtans het hy beoog om ‘n kunstenaar te word. Na skool het hy voorbeelde van sy werk aan die Walt Disney Studio gestuur; weereens is dit nie aanvaar nie.
Sparky het egter nooit tou opgegooi nie! Hy het besluit om sy lewensverhaal in strokiesprente te vertel. Die gewildheid van hierdie strokie het uiteindelik tot talle boeke, TV-programme en neweprodukte gelei. Sparky was Charles Schulz, die skepper van die Peanuts-strokiesverhaal – moontlik die beroemdste strokiesprent-kunstenaar ooit. Soos sy hoofkarakter, Charlie Brown, het Schulz vele mislukkings ervaar, maar hy het sy talent ten volle benut, deurgedruk, en heel bo uitgekom! Gaan heen ‘en doen ook so’.
Bron : Radiokansel




