
Die uitdaging-sone: “Ek probeer nuwe dinge baasraak”. Die gemak-sone: “Ek doen net wat ek weet ek kan.” Die rus-sone: “Ek doen nie eers meer wat ek voorheen kon nie.” Phillips Brooks het gesê: “Dit is ‘n hartseer dag wanneer iemand so absoluut selfvoldaan is met sy lewe, sy gedagtes en sy aksies, dat hy nooit meer die sielsbegeerte ervaar om daardie iets groter te doen, waarvoor hy weet dat hy bestem is nie.”
Dawid se broers het van sy talente geweet, maar nie een van hulle het vir Koning Saul van hom vertel nie. Skep moed; jy sal die mylpaal sonder hulle haal! “Een van Saul se amptenare sê: ‘Ek het gesien dat Isai …’n seun het wat ‘n goeie musikant is…’n dapper vegter…'” (1 Samuel 16:18 NLV). Dawid het nie met sy broers meegeding of gekla oor sy skaapwagterstatus nie. Hy het deurentyd met sy talente gewoeker en sy verhouding met God verdiep, en toe die tyd reg was het God hom bevorder. Berei jouself dus gedurig voor.
Bron : Radiokansel


