
Jy moet geloofwaardigheid en oortuiging hê. Mense sal slegs by jou visie aanbou as jy die hoeksteen daarvoor is. Om ander mense van die betekenis van jou visie te oortuig kan slegs gebeur as jy self van die beduidenis daarvan oortuig is. Dit vereis die regte boodskap, oorgedra op die regte manier, deur die regte boodskapper, aan die regte mense, op die regte tyd.
Die sielkundige en skrywer Dr. Larry Crabb beskryf hierdie ineenskakeling so: ‘Die visie wat ons aan ander oordra oor wie en wat hulle kan word, het krag as dit die weerklank eggo wat die gees reeds in hul siel gespreek het.’ Daardie krag kan mense oortuig om jou te volg in die navolging van jou visie, en so jou kanse op sukses aansienlik verhoog.
Daar is ‘n interessante wiskundige dinamika in die Bybel wat sê dat een mens ‘n duisend kan agtervolg, maar twee mense kan tienduisend op vlug jaag (Deuternomium 32:30 NV). Ja, die Skrif leer ons die mag van sinergie. As jy die regte mense betrokke het, tesame met die seën van die Here, sal jy meer regkry as wat jy ooit gedroom het om te kon doen.
Bron : Radiokansel


