
1) Hy sou Jerusalem op ‘n esel binne ry: ‘…Jou koning sal na jou toe kom… Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie…’ (Sagaria 9:9 NV).
2) Hy sou deur ‘n vriend verraai word: ‘…Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het…, het my in die rug gesteek’ (Psalm 41:9 NV).
3) Hy sou vir dertig silwerstukke verraai word: ‘…Hulle het toe my loon afgeweeg, dertig stukke silwer’ (Sagaria 11:12). 4) Hulle sou wed om Sy klere: ‘Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel’ (Psalm 22:18 NV). 5) Nie een van Sy bene sou gebreek word nie: ‘Die Here sorg vir die hele liggaam van die regverdige: geen been word gebreek nie’ (Psalm 34:20 NV). 6) Hy sou in ‘n rykman se graf begrawe word: ‘Hulle het vir Hom ‘n graf gereedgemaak by mense…wat ryk geword het…’ (Jesaja 53:9 BVA). 7) Dat Hy uit die dode opgewek sou word: ‘want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie’ (Psalm 16:10 OV-1953).
Johannes skryf: ‘Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesĆŖ: “Ek is dors.” By Sy volle positiewe en helder van denke, het Hy die profesieĆ« in herinnering geroep wat hy sou moes vervul het tot by die heel laaste een, en gesĆŖ: ‘Dit is volbring’ (v. 30 NV). Christus – Hy is totaal geloofwaardig en jy kan Hom vertrou!
Bron : Radiokansel




