Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Die “watertoets”
As iemand weier om jou te ondersteun moet jy hulle laat gaan – of jy sal later wens dat jy dit vroeër gedoen het. Dit is nogal moeilik om te aanvaar, veral as jy iemand is wat verhoudings koester. Maar jy moet onthou: jy kan nie diegene wat vrees, omskep in gelowiges nie. Dit is God se werk, en sy watertoets het vir Gideon gewys wie hy saam met hom moet neem en wie hy agter moet laat. God het vir Gideon gesê: “Jy het te veel soldate by jou. Sê vir die manskappe elkeen wat bang is mag teruggaan huis toe. 22 000 man teruggegaan. 10 000 oorgebly. Toe sê die Here vir Gideon: ‘Hulle is nog steeds te veel. Vat hulle af na die water toe. Ek sal daar vir jou kies wie saam met jou moet gaan en wie nie.’ Gideon is af na die water toe. Daar was 300 wat die water met hulle hand geskep het. Al die ander het afgebuk om te drink. Toe sê die Here vir Gideon: ‘Ek sal julle met hierdie 300 man bevry. Midian aan jou onderwerp'” (Rig 7: 5-7 NLV).
Ons leer twee lesse uit hierdie storie:
(1) Jy moet jou vyand kan sien. Die soldate wat gekniel het, het hulle uitsig prysgegee om hulle dors te les.
(2) Wanneer God jou ondersteuning verminder, is dit om te verseker dat jou oorwinning as ‘n wonderwerk beskou word. Dit is om te bewys dat ‘n ongeleerde man ‘n groot maatskappy kan bestuur, of dat iemand wat alles verloor het weer ‘n sukses kan wees. So, wanneer die mense om jou nie God se ‘watertoets’ slaag nie, laat hulle gaan en vertrou God. Hy het beter dinge in gedagte vir jou!