
Die volgende oggend was die man dood. ‘Weet jy wie hy was?’ het Judson aan die herbergier gevra. Dié het geantwoord, ‘Ernest Eames, ‘n jong man, omtrent jou ouderdom.’ Judson was só geskok dat hy dadelik tot inkeer gekom en sy lewe aan Christus gewy het. Hy het Amerika se eerste kommissie-sendeling geword. Deur sý toedoen is die Bybel in die Burmese taal vertaal en duisende siele vir Christus gewen. Die volgende dagboek-inskrywing sê alles: ‘Laat my in hierdie woestyne swoeg; laat my op hierdie berge vertel hoe Hy gesterf het – die Saligmaker, om die wêreld van die hel te red.’
Die Bybel sê, ‘Hy koester gedagtes om ‘n verstotene nie van Hom af te stoot nie…’, dus, nader na Hom te bring. Hóór jy Hom dalk roep na jou? Draai na Hom en te sê, ‘Here, ek kom huis toe’.
Bron: Radiokansel



