Adoniram Judson se pa, ‘n pastoor, het gehoop en gebid dat sy seun in sý voetspore sou volg. Adoniram het die bediening egter as ‘n vermorsing van tyd en talent beskou. Hy was ‘n selferkende ateïs. Op universiteit het hy Ernest [Jacob] Eames, ‘n mede-ateïs, wat sy eie oortuigings versterk het, ontmoet. Judson was ‘n losbol en het ‘n wilde, roekelose bestaan gevoer. Een aand moes hy in ‘n hotel oornag waar die enigste beskikbare kamer langs dié van ‘n sterwende man was. Judson het gesê, ‘Ek neem die kamer. Ek is nie bang vir die dood nie. Ek is ‘n ateïs.’ Die hele nag het hy die man langsaan hoor kreun en gedink dat hy na hom moes gaan. Hy het egter nie geweet wat om aan die sterwende te sê nie.
Die volgende oggend was die man dood. ‘Weet jy wie hy was?’ het Judson aan die herbergier gevra. Dié het geantwoord, ‘Ernest Eames, ‘n jong man, omtrent jou ouderdom.’ Judson was só geskok dat hy dadelik tot inkeer gekom en sy lewe aan Christus gewy het. Hy het Amerika se eerste kommissie-sendeling geword. Deur sý toedoen is die Bybel in die Burmese taal vertaal en duisende siele vir Christus gewen. Die volgende dagboek-inskrywing sê alles: ‘Laat my in hierdie woestyne swoeg; laat my op hierdie berge vertel hoe Hy gesterf het – die Saligmaker, om die wêreld van die hel te red.’
Die Bybel sê, ‘Hy koester gedagtes om ‘n verstotene nie van Hom af te stoot nie…’, dus, nader na Hom te bring. Hóór jy Hom dalk roep na jou? Draai na Hom en te sê, ‘Here, ek kom huis toe’.
Bron: Radiokansel




