Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Wat is die ‘wegneem profyt’?
In besigheidsterme word daar verwys na die ‘wegneem profyt”. Dit is al die wins wat oorbly, jou uiteindelike beloning. Daar is ‘n waarheid wat jy moet insien voordat jy sterf en begrawe word: wanneer jy net vir jouself lewe en nie God se doel met jou lewe bereik nie, is die ‘wegneem profyt’ nooit die insette werd nie. Salomo skryf, “Ek het dus opgehou met alles waarmee ek met soveel moeite onder die son my besig gehou het. Want ‘n mens wat met wysheid en bekwaamheid gewerk het, moet dit oorgee aan iemand wat nie daarvoor gewerk het nie” (Pred 2: 21 NLV). Soos outeur John Capozzi dit stel, “Die besigheidsman wat van 7 vm tot 7 nm werk, sal baie suksesvol wees. Hy sal ook met innigheid onthou word deur sy vrou se volgende eggenoot.”
Die dag sal aanbreek wanneer al jou aardse besittings geen verskil sal maak nie. Jou titel en werkservaring sal niemand beïndruk nie. Niemand sal omgee oor die klere wat jy gedra het of die motors wat jy bestuur het nie, behalwe die familielede wat dit dan sal dra, bestuur of verkoop. Met wysheid kan jy nou al beplan om hierdie lewe te verlaat met ‘n ‘wegneem profyt’ wat aan drie dinge voldoen:
(a) Bevrediging, wat net verkry kan word deur God se doelwitte te bereik.
(b) Sukses, wat gemeet word in terme van ewige belonings.
(c) Sekuriteit, wat sy herkoms het in die wete dat Jesus Christus jou Here en Redder is!
Dit is die enigste ‘wegneem profyt’ wat die lewe die moeite werd maak.
Earthquakes can strike without warning, and being prepared for such a disaster can mean the difference between life and death. Here are some tips someone…
Sadrag, Mesag en Abednego het loopbaansukses behaal, so hulle kon niks daarby baat om die Babiloniese koning teen te gaan nie. Waarom het hulle? Omdat…
Thomas Carlyle wrote “The History of the French Revolution” by hand before computers or even typewriters existed. After three years of writing and lengthy research,…