
Kyk na Moses, die wetgewer en bevryder aan wie God die Tien Gebooie gegee het. Sy naam is steeds 4 000 jaar na sy dood bekend op aarde. Onthou ook dat hierdie Moses ‘n moordenaar was. Hy is gemerk as “staatsvyand nommer een” in Egipte. Hy was ‘n voortvlugtige wat na die woestyn gevlug het en vir meer as 40 jaar daar in die woesteny as ‘n skaapwagter geleef het. Tog het God Moses met die beitel van teëspoed gevorm, sodat hy in die Farao se paleis kon staan en beveel: “Laat my volk gaan!” ‘n Nasie is gebore omdat hierdie man geweier het om op te gee voordat hy sy Goddelike roeping uitgevoer het.
Moenie verlam word deur jou verlede nie. As God Moses gebruik het, sal Hy jou ook gebruik. Elkeen moet teëspoed ondervind. Onthou die volgende frase wanneer dinge verkeerd gaan: “Verwerk dit!” Het jy seergekry? Verwerk dit! Is jy verraai? Verwerk dit! Het jy misluk? Verwerk dit! Paulus het geskryf: “Wees in alles dankbaar.” Tydens ‘n wysiging, dank Hom. Tydens hartseer, dank Hom. Tydens armoede en voorspoed, dank Hom. God is groter as al die kritiek wat teen jou uitgespreek word. Hy is groter as al die reuse waarteen jy te staan kom. Hy is groter as die berge wat jy moet klim. Hy is groter as al die laste wat jy moet dra. Kyk in die Bybel na al die mans en vroue wat Hy gekies het om te fokus op die silwer rantjie en nie op die donker wolk nie. Hierdie mense het nie die donkerte sleggesê nie, hulle het dit verdryf deur ‘n lig te laat skyn. Hulle het die regte ingesteldheid gehad – ‘n geloofsingesteldheid.
Komaan! Hou op om weg te kruip vir sukses omdat jy bang is dat jy gaan misluk. Mislukking beteken dat jy leer, nie dat jy verloor nie. Hou op om bang te wees vir risiko’s! Neem God se hand, stap buitentoe en vervul sy lewensdoel vir jou.
© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za


