
Hy het die meesterplan, en al wat ons móét doen, is om Hom te gehoorsaam sonder om te kla. Jy mag wonder wanneer Hy wil hê dat jy jou onaangename kollega vir ete uitneem…of jou kind se Sondagskoolklas waarneem om die onderwyser te help. Die kern van die saak is egter dat dít wat ons gee iets beteken vir die ewigheid, en vir die ontvanger.
Sonder Jesus is ek basies ‘n selfsugtige persoon. Ek dink net aan mý seëninge…geld, ‘n nuwe motor, ‘n beter huis? Ek is skaam oor hierdie gedagtes, maar hulle het ontstaan by ‘n baba-Christen wat nie besef het dat seëninge ‘n noue verhouding met die Grootste Gewer ooit inhou nie.’ Gee jy soms omdat jy verplig voel, uit skuldgevoel, of om ander se goedkeuring te verkry? Om te gee is die ware maatstaf vir ons liefde vir God. Dus, ‘Elkeen moet gee…nie uit spyt of dwang nie…’ (2 Korintiërs 9:7 NLV); doen dit met ‘n blymoedige hart.
Bron : Radiokansel



