Wortels van verwerping

ImageStoei jy met verwerping? Wanneer jou wortels groei vanuit die grond van verwerping, is dit soos om in ‘n huis te woon met ‘n foutiewe fondasie – elke storm veroorsaak nuwe probleme. Jy kan allerhande truuks probeer, vanaf ander heeltyd tevrede stel tot “werkverslaafdheid”, om jouself te laat beter voel, maar sonder ‘n gesonde wortelsisteem gaan niks werk nie. Slegte wortels lewer altyd slegte vrugte. En jou wortels was siek lank voordat jy begin het om sulke vrugte te lewer.Wat is die antwoord? Om “in God se liefde gewortel en gegrondves te wees”. God wil jou optel, die ou grond van jou afskud en jou veilig herplant in sy liefde en aanvaarding. Hy plant jou nie net oor nie. Hy word ook jou nuwe Ouer. Dit beteken dat jy nie meer jou waardigheid hoef te probeer tap vanuit jou gesin of jou oorsprong nie. “Nou is ons kinders van God,” (1 Joh. 3:2, OAV). Onthou net – dit is ‘n voortdurende proses. Sterk wortels h et drie goed nodig:

(1) Tyd om te ontwikkel. Om selfvertroue op te bou in jou identiteit as God se kind, is soos om nuwe skoene in te loop. Jy moet met hulle loop totdat hulle gemaklik sit.

(2) Beskerming van plunderaars en uiterste omstandighede wat jou dood kan beteken. Jy moet jouself omring met mense wat “net so ‘n kosbare geloof . verkry het,” (2 Pet. 1:1, OAV). Christelike gemeenskap is jou beskermende skild!

(3) Om gereeld gevoed en natgegooi te word. ‘n Sessie een maal-per-week in die kerk is net nie goed genoeg nie. Jy moet leer om jouself gereeld met God se Woord te voed!Die salf vir verwerping is – om in staat te wees om jouself te sien soos God jou sien. Dit beteken dat jy moet verklaar: “Ek is wie God sĂȘ ek is. Ek besit dit wat God sĂȘ ek besit. Dus kan ek doen wat God sĂȘ ek kan doen.” Selfs indien jy nie goed weggespring het nie, kan jy steeds ‘n uitstekende plek behaal!

© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za

Scroll to Top