Selfstandige verhoudings

home1006

home1006God het gesê: “Dit verklaar waarom ‘n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word” (Gen 2:24 NLV). God het dit vir Adam en Eva gesê – wat nie ‘n pa en ma gehad het nie en ook nog nie kinders wat hulle sou verlaat nie.

Het jou kinders al die huis verlaat? Indien wel, het jy al uitgevind dat dit nie ‘n maklike aanpassing is nie. Jy het immers jouself aan hulle toegewy: jou tyd, jou werk, jou liefde, jou geloof en jou hoop. Hulle is jou mees kosbare besittings: en noudat hulle die huis verlaat, neem hulle ‘n groot gedeelte van jou saam. Maar dit is deel van die lewe en dit is hoekom God so vroeg al vir Adam en Eva gewaarsku het dat dit sal gebeur. God het geweet dat “laat gaan” die moeilikste deel is van ouerskap, en het dus gesê, “Om te laat gaan neem tyd. Begin jouself nou al daarop voorberei, voor jy kinders het”.

Ons kinders word gebore om ons te verlaat. Vanaf hul eerste tree is hulle op ‘n uitwaartse tog. Hulle keer sporadies terug, maar verlaat jou weer om hul eie mens te wees en families te vorm soos God dit bestem het.

God gee ons twee beginsels vir ‘n gesonde huwelik: verlaat en vashou. Jou kind moet jou verlaat sodat hy/sy kan vashou aan die lewensmaat wat God voorsien. So verseker jy jou kind se geluk deur jou eie lewe te lei en toe te laat dat hulle ook ‘n eie lewe kan lei. Deur dit makliker te maak vir hulle – maak jy dit makliker vir jouself!

© Radiokansel.co.za

Scroll to Top