Al die Bybelse helde het swakhede gehad. Hul persoonlikhede het verskil soos dag en nag. Maar een ding het hulle in gemeen gehad: hulle was bereid om die moeilike besluite te neem. Let op:

2) Moeilike besluite verg karakter. Chuck Swindoll skryf: “Moed is nie beperk tot die oorlogsveld nie. Die eintlike toets vir dapperheid kom ongemerk. Dit is die innerlike toetse – soos om getrou te bly wanneer niemand kyk nie, om pyn te verduur wanneer jy alleen is, om sterk te staan wanneer jy misverstaan word. Of jy nou die hoof van ‘n gesin, besigheid of kerk is, die versoeking om te kla sal altyd daar wees. Loof God vir die moeilike tye. Dit is die rede hoekom jy daar is – om leiding te neem. As alles goed gegaan het, sou jy nie daar nodig gewees het nie. Waneer daar moeilike besluite geneem moet word, kan jy op hierdie woorde steun: “Die Here is by my, ek sal nie bang wees nie…” (Psalm 118:6 NLV).
Kopiereg 2009 Radiokansel


