Habakuk 2:2

vision130

vision130Vyf maal staan daar in Genesis hoofstuk nege-en-dertig: ‘Die Here was met Josef…’ Skep moed: God is aan die werk in wat jy nóú deurmaak. Waar het Josef die wysheid om ‘n volk te lei, gekry? Deur sy familieprobleme, Potifar se huishouding en ‘n tronkstelsel te bestuur. Elkeen het hom, soos die sporte van ‘n leer, hoër geneem. Let op hoe dit gebeur het: sy broers het hom aan slawehandelaars verkoop, wat hom aan Potifar verkoop het, wat hom in die tronk gegooi het, waar hy die skinker leer ken het, wat hom aan die Farao voorgestel het, wat hom Eerste Minister van Egipte gemaak het, wat sy droom verwesenlik het. Was dit maklik? Nee, nie tot die tyd aangebreek het dat,’ …sy woorde waar geword het en die Here se woorde bevestig is’ nie (Psalm 105:19 NLV).

Jou visioen sal deur omstandighede wat jou máák óf breek ‘getoets’ word. Bill Gothard beskryf hierdie proses as die geboorte, die dood en die herlewing van die visioen. Wanneer jy sonder geld, vriende of energie is (die doodsfase) dink aan Jesus se woorde: ‘…Ek verseker julle, as ‘n graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy sterf, lewer hy baie vrug op’ (Joh. 12:24 NLV).

As jou visioen gesterf en God dit laat herlewe het, begin jy anders praat en optree. Met die ego verwyder en genade bygevoeg, sê jy saam met die Psalmdigter, ‘Die Here se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes.’ (Psalm 27:13 NLV). Dis wanneer God sê, ‘Nou kry jy dit uiteindelik reg!’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top