Wees opbouend!

leonie1607

leonie1607

Tydens die 1920’s was die Chisholm gesin baie gesiene en het ‘n voorbeeld aan ander gestel. Hul huishoudster, Everlina, het reeds 45 jaar lank by hulle gewerk en toe haar niggie by haar kom kuier het, het die gesin haar onder hul vlerk geneem. Die kind het pragtig gesing en Mevrou Chisholm, self ‘n opgeleide sangeres, het haar gevra of sy ook ‘n prefessionele sanger wou word. Die kind was baie opgewonde hieroor! Haar kosbaarste besitting was haar opnames van bekende operasangers en wanneer hierdie musiek op die radio gespeel het, het sy in verwondering daarna geluister. Daardie dag het sy die eerste treetjie in die rigting van haar droom geneem en almal wat haar hoor sing het, was verstom deur haar talent. Mevrou Chisholm het die kind aangespoor en haar by die beste musiekskole ingeskryf. As gevolg hiervan het die wêreld die geleentheid gekry om die bekende Leontyne Price te hoor sing.

Die Bybel sê, “Moenie wag om goed te doen vir iemand wat dit nodig het nie, veral as dit vir jou moontlik is om dit te doen” (Spr 3:27 NLV). Een van ons belangrikste take as mens is om ander aan te moedig. As Christen word jy beveel om ander mense op te bou deur te fokus op wat hulle goed doen, deur hulle as individue te ag en hulle te respekteer, deur hulle te vergewe en ‘n voorbeeld van onvoorwaardelike liefde aan hulle te stel, deur hulle aan te moedig en hul potensiaal as kinders van God te sien.

Begin hierdie dinge vandag doen – wees opbouend!

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top