
Jy vra iemand, “Hoe gaan dit?” Sodra hulle met hul suksesstorie begin, val jy hulle in die rede en sê, “Ag dis niks, jy moet hoor van.” En daar gaan jy met jou storie en jou vriend wens hy het net aangeloop toe hy jou raakgesien het. Hy het gehoop dat jy sou sê, “Dis wonderlik, vertel my meer.” Maar instede daarvan moes hy eers luister na jou opinies en prestasies. Wat het geword van “As ander blydskap ervaar, juig saam met hulle” (Rom 12:15 NLV). Daardie opdrag sê, “Kom oor jouself!” Gee die kollig op. Leer om op ander te fokus. Oefen om te sê, “Genoeg oor my. Vertel my van jou lewe. Hoe gaan dit met jou besigheid, jou vrou, jou gesondheid.?” Onderdruk die drang om te onderbreek; luister net! Luister met jou ore, jou oë, jou gedagtes en jou gees. Probeer om die gevoelens agter hulle woorde te verstaan en as hulle blydskap ervaar, “juig saam met hulle”. As hulle hartseer is, “deel dit met hulle” (Rom 12:15 NLV).
Ons grootste toets as Christene is ons vermoë om ‘n ander se sukses te vier, of hulle las te dra asof dit ons eie is. Daar is geen beter manier om ander te dien en aan te moedig nie.
© 2009 www.radiokansel.co.za



