God verleen hulp aan die hulpelose

Image

Image…wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

God wil ons leer dat ons nooit sal slaag deur ons vertroue in ons eie menslike kennis, wysheid, krag en vermoëns te stel nie, maar ons moet op Hom vertrou.

Die wêreld het ‘n spreekwoord:”God help diegene wat hulleself help.” Hierdie stelling is egter glad nie Skriftuurlik nie. In sommige gevalle moet ons onsself help. God gaan nie vir ons engele stuur om ons motors te was of ons huise skoon te maak nie. Ons moet dit self doen. Ons moet ook ‘n pos beklee en ons eie geld verdien. God gee aan ons wysheid en krag, maar ons moet self hierdie sake behartig.

Die Bybel leer ons dat God diegene help wat hulleself nie kan help nie in die sin dat ons nie op eie pogings, planne en skemas staat maak om ons deur die lewe te help en ons probleme op te los nie. Daarvoor moet ons God vertrou.

Om te verklaar dat God diegene help wat hulleself help, is nie net onskriftuurlik nie, maar ook misleidend. Hierdie stelling laat mense voel dat hulle alles moontlik moet doen, voordat dit durf waag om God ooit om hulp te vra.

Satan, die god van hierdie wêreld se sisteem (2 Kor. 4:4) wil graag hê dat ons hierdie leuen moet glo en ons hele lewe deur gefrustreerd moet wees in ons pogings om na onsself om te sien eerder as om God se hulp en voorsiening te vertrou.

God help nie diegene wat hulleself help nie. Hy help diegene wat weet dat hulle niks vir hulleself kan doen nie; daardie mense wat soos koning Josafat en die mense van Juda besef dat hulle geheel en al afhanklik is van God vir hulle verlossing.

~Joyce Meyer (Bekommernis, Moenie vrees nie!)

Scroll to Top