
Teen die tyd wat hy tuiskom, het hy reeds 26 000 woorde by die werk gebruik, en daar is 3 000 oor wat hy nie dink nodig is om te sê nie. Sy was die hele dag besig met by die huis. Sy het met haar ma en vriendinne gesels en het omtrent 8 000 woorde gebruik. As hy by die huis kom, het sy 25 000 woorde wat wag.
Na ‘n stil aandete kyk hy TV, en dan gaan hulle bed toe. Net as hy aan die slaap wil raak, vra ‘n stem: “Is jy wakker?” As jy slim is, sal jy wees! Indien nie, gaan daar môreaand 50 000 woorde langs jou lê.
Binne tien jaar sal daar genoeg woorde wees om ‘n biblioteek vol te maak. Of dalk nie; dalk sal daar geen woorde wees nie. ‘n Rede wat gereeld vir egskeiding gegee word, is: “Ons het net op die punt gekom waar ons niks meer vir mekaar te sê gehad het nie.”
Die Bybel sê: “Mans, julle moet julle vrouens liefhê.” Liefde luister as ons iets te sê het wat nie juis interessant is nie. Liefde luister, want net as ons gehoor en ons bestaan erken word, voel ons geliefd.
Hoe lyk jou kommunikasie?
Bron : Radiokansel




