Probleme ontstaan as ons God se tydsberekening wil aanjaag. As die Here vir jou ‘n belofte gee, is dit soos ‘n saadjie – dit neem tyd om wortel te skiet en vrug te dra. Elke ma ken die volgorde – eers die saad, dan die swangerskap, dan die ontwikkeling in die baarmoeder en laastens die dag van geboorte. Wat doen sy tydens die swangerskap? Sy berei voor! Sy maak haarself gereed vir die vreugdes en verantwoordelikhede van ouerskap, want as die geboortedag aanbreek, kondig die kleintjie aan: “Hier kom ek, of jy nou reg is vir my of nie!” Die psalmdigter skryf: “Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit,” (Ps. 37:34).
Jy moet weet wat die verskil is tussen dit wat jy kan doen en dit wat God kan doen. Dwase storm net in. As jy dit nie wil waag om die vervulling van God se plan met jou lewe uit te stel nie, moet jy leer om te wag. Die profeet het gesĂȘ: “Die openbaring geld vir ‘n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis.” Elke keer as jy angstig en ongeduldig raak, herinner jou self hieraan: “My lewe kan nie eindig sonder dat sekere dinge gebeur het nie. God het dit gesĂȘ en Hy sal dit tot uitvoering bring!”