Begin jou dag met God

quiettime

quiettimeOns dink dat ons alles op ons eie skouers moet dra, maar ons hoef nie! Dit is God se wêreld, nie ons s’n nie. Aan die begin van elke dag herinner God ons dat Hy in beheer is en dat Hy omgee vir elke aspek van ons lewens.

Die wyse waarop ons elke oggend opstaan, gee die toon aan vir die res van die dag, so probeer die volgende: eerste ding more oggend, spandeer ‘n paar minute alleen saam met God. Begin met net vyf minute. Gaan deur jou planne vir die dag. As jy ‘n kalender het, bespreek dit met Jesus. Soos jy daardeur gaan sal jy besef dat jy kwellinge het. Oorhandig dit alles aan die Here. Miskien sien jy ‘n spesifieke probleem raak. Vra die Here se raad hieroor. As Hy nie dadelik antwoord nie, weet dat Hy wil hê dat jy Hom moet vertrou. Hy het iets beter in gedagte vir jou, iets waaraan jy nog nie self gedink het nie. Baie mense begin hul dae angstig, gejaagd en vol vrees. Maar ons hoef dit nie so te doen nie. Ons moet elke dag in elk geval tegemoet gaan, so hoekom doen ons dit nie saam met Jesus nie? Het ons enige beter keuse? Ons gaan in elk geval ‘n eerste woord en gedagte hê, so hoekom kan dit nie aan God behoort nie, want voor Hom verdwyn alle angs. Ons kan dit regtig doen. Ons kan regtig ons dae saam met God begin.

Neem ‘n oomblik en mediteer oor hierdie skrifgedeelte: “Vul ons met vreugde in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae” (Ps 90:14 NLV).

© Radiokansel.co.za

Scroll to Top