Sommige van ons is soos die vrou wat gespog het:
“Ek en my man het ‘n wonderlike huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom
sal doen nie en niks wat hy nie vir my sal doen nie. Dit is hoe ons deur die
lewe gaan – ons doen goed vir mekaar!”
Selfgesentreerde, winsgedrewe leiers kyk dikwels
die behoeftes mis van diegene wat hulle juis
nie tyd om te belê in die mense wat saam met hulle werk nie. Wanneer ‘n persoon
dan voel dat hy nie raakgesien of versorg word nie, word hy rusteloos en soek
na groener weivelde. Dit is veral waar wanneer leiers so oorweldig word deur
die taak op hande dat hulle nie daarin slaag om die mense te waardeer en in
hulle te belê nie, en ook nie die vaardighede raaksien wat reg voor hulle is
nie.
Dr. Anton Rupert moes as student sy mediese studies
staak weens ‘n gebrek aan geld en het begin werk as ‘n droogskoonmaker. Koning
David het begin as harpspelende skaapwagter.
Jesus het spesiaal tyd afgestaan om saam met sy
dissipels te spandeer, om aan hulle dinge te verduidelik wat net vir hulle
bedoel was. Hy het geweet dat jy moet belê as jy ‘n opbrengs wil sien! Wyse
leiers plaas die belange van hulle spanlede bo dié van hulself. C. Gene Wilkes
het opgemerk: “Spanleiers glo werklik dat hulle nie al die antwoorde het
nie – dus bied hulle nie aan om dit te gee nie. Hulle weet dat hulle nie alleen
al die kern-besluite hoef te neem nie en dus doen hulle dit ook nie. Hulle glo
dat hulle nie
span samewerking nie – daarom vermy hulle situasies of optredes wat die span se
samehorigheid
beïnvloed. Ego is nie al waaraan hulle dink nie.”
Kopiereg 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za