Oorgawe (2)

slavery 2801

slavery 2801Ons ontvang drie groot voordele wanneer ons God se voorskrifte volg.

Eerstens, vrede: ‘Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan.’ (Job 22:21).

Tweedens, vryheid: ‘Julle moet vir God dankie sê dat julle wat voorheen slawe was, nou gehoorsaam geword het…’ (Romeine 6:17 NLV).

Derdens, krag: ‘…[luister] na Hom, weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug.’ (Jakobus 4:7). Die oomblik wat ons oorgee, verslaan Christus hardnekkige versoekings en oorweldigende probleme. Josua het naby die mure van Jerigo God raakgeloop, in aanbidding neergeval en gevra, ‘”Wat wil Meneer vir sy dienaar sê?”‘ (Josua 5:14). Josua se oorgawe het ‘n skitterende oorwinning tot gevolg gehad. Wat ‘n teenstelling: oorwinning uit oorgawe!

Oorgawe aan God maak ons sterker en nie swakker nie. As ons ons eenmaal aan God oorgegee het, hoef ons nie oorgawe aan enigiets anders te vrees nie.

William Booth, stigter van die Heilsleër, het gesê, ‘Die grootsheid van die mens se krag is in die mate van sy oorgawe.’ Almal gee op die ou einde aan iets oor. As dit nie aan God is nie, sal dit aan die menings en verwagtinge van ander, geld, wrewel, vrees, ons eie wellus of ego wees. Ons is vry om te kies waaraan ons onsself gaan oorgee, maar ons is nie kwytgeskeld van die gevolge van die keuse nie.

E. Stanley Jones het gesê, ‘As jy nie aan Christus oorgee nie, gee jy aan chaos oor. ‘ Die uitnemende voorbeeld is Jesus. Op die vooraand van Sy kruisiging het Hy Homself oorgegee en gesê, ‘Nie my wil nie, maar U wil geskied.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top