Daar word gewerk in jou

RKOns is te ongeduldig! As God nie binne die eerste vyf minute van
ons stiltetyd met ons praat nie, staan ons op, trek ons skouers op en besluit:
“Hy gaan nie vandag met my praat nie.” Waar is die volharding van ons
Geestelike voorvaders? Hulle sou God se hand vat in hulle gebede en weier om
dit te los totdat hulle ‘n beslisde antwoord van Hom af gekry het.

Daar is twee goed waarop jy kan
staatmaak wanneer jy saam met God ‘n pad stap: daar gaan teëspoed wees wat vir
jou werk en genade om te bly staan terwyl jy deur dit gaan. Het jy gebid vir
geduld? Maak jouself gereed vir moeilikheid! Daar is geen ander manier om dit
te kry nie. Geduld groei in die grond van teëspoed. Hoe toets jy ‘n anker se
krag? Deur dit tydens ‘n storm uit te gooi. Jy moet besef dat dit dalk juis die
mense waarvan jy nié op die oomblik hou nie kan wees wat jou sal help om volwasse te
word! Ons probleem is – ons bid vir goed, maar ons herken nie die antwoord
wanneer dit aan ons gegee word nie. God laat alles gebeur met ‘n doel, maar Hy
het ook altyd ‘n proses. Wanneer jy Hom beter leer ken, begin jy om albei te
herken. Dit is hoe dit werk: Wanneer jy God vra vir krag, laat Hy jou toe om
deur swaarkry te gaan. Wanneer jy vir Hom vra vir wysheid, kry jy die geleentheid
om oplossings vir probleme te soek. Wanneer jy vra vir sukses, gee Hy vir jou
die geleentheid om te werk – nie noodwendig harder nie, maar slimmer. Wanneer
jy vra vir guns, gee Hy vir jou verantwoordelikheid. Verlossing is ‘n geskenk,
maar geduld is die beloning vir volharding en oorwinning.

Bly dus waar God jou vandag geplaas het en leer die lesse wat Hy
vir jou wil leer. Môre gaan jy dankbaar wees dat jy dit gedoen het!

Scroll to Top