Ek raak een oggend bewus van die tandepasta buisies in ons badkamer waarvan die een so te sê leeg was. Wat my opgeval het was die een wat basies leeg was, maar nog so een of twee keer se borsel sarsies inhet. Om die laaste bietjie tandepaste in die hande te kry druk mens mos die buisie se kop later dat hy knak.
Dit het my laat dink aan mense wie se lewenskrag deur omstandighede uitgemergel is, ‘n geknakte gees. ‘n Siel wat in die woestyn ronddwaal, elke dag ‘n herhaling van gister met geen toekoms.
Sulke mense is volop. Kyk maar net vandag rondom jou by die werk, die robot of winkel kompleks.
Gewoonlik kan jy hulle nie met jou eie vleeslike oë sien nie, maar as jy deur die oë van Jesus kyk, dan, deur Sy oë sien jy die gebrokenheid wat ‘n verskeidenheid van vorms kan aanneem.
Dalk is jy vandag die enigste persoon wat onbewustelik ‘n verskil kan maak in so iemand se lewe. Iemand se lewe kan aanraak met jou vriendelikheid, positiewiteit of hulpvaardigheid.
Laat elke dag tel.
Johann