Leer om verskille te respekteer

rhr8QKVv60

rhr8QKVv60Niemand kan teëspoed vermy nie; Jesus het aan Sy dissipels gesê, ‘.In die wêreld sal julle swaarkry beleef .’ (Johannes 16:33 NLV). Verdell Davis skryf egter, ‘Al ly ons aan dieselfde siekte, onder gebroke verhoudinge, gestremdheid, en mislukking, kan ons nie ons lyding met ander s’n vergelyk nie, want dan ignoreer ons die unieke dinamiek van elke individuele lewe. Die verhale van lede by ‘n byeenkoms van Alkoholiste Anoniem, waar almal dieselfde verslawing het, verskil omdat elkeen se seerkry, hartseer, verlies, en die wisselwerking tussen verhoudings deurdrenk is met uniekheid wat geen ander op dieselfde manier kon ondervind nie. Ons moenie ons eie hartseer as erger, of minder belangrik, as iemand anders s’n beskou nie. Myne is uniek aan my, en indien ek dit openlik en eerlik wil aanpak, moet ek aanvaar dat wat gebeur het, respek verdien.’

Paulus skryf ons moet, ‘.altyd saggeaard teenoor almal optree .’ (Titus 3:2 NLV). Respekteer die verskille tussen jou en ander. Moenie instorm met ‘n drie-punt preek en ‘n toespraak nie. ‘Iemand wat wys is, word ‘n verstandige genoem. As hy welsprekend is, kan hy ook ander leer.’ (Spreuke 16:21 NLV). Besoek ‘n hartseer persoon, gee ‘n drukkie en onderneem om vir hom of haar te bid. Dit mag ‘n cliché wees, maar dis steeds waar: mense gee nie om hóéveel jy weet nie, totdat hulle weet hóéveel jy omgee! Jy wys nie die liefde van God deur opdringerig of eiewys te wees en te maak asof jy alle kennis in pag het nie.

Jy kan dit slegs doen deur ‘.vredeliewend, inskiklik, bedagsaam… [te wees]… bereid [is] om deernis te bewys .’ (Jakobus 3:17 NLV).

Bron : Radiokansel

Scroll to Top