Gaan jy hemel toe?

mine2408

mine2408Toe die tienjarige Mary se ma oorlede is, het sy die ‘ma van die huis’ geword en vir haar pa, ‘n mynwerker, gesorg. Hy het nagskof gewerk en sy het een aand, terwyl sy sy kospakkie gemaak het, ‘n boekie oor die Evangelie daarin gesit met die hoop dat dit hom na die verlies van sy vrou sou troos. Teen eenuur die oggend het die noodsein die inwoners van die dorp laat weet dat mynwerkers na ‘n rotsstorting in die myn vasgekeer was.

Noodwerkers het deur die nag geswoeg en uiteindelik die vasgekeerdes bereik, maar dit was te laat. Al agt mans het versmoor, ook Mary se pa. Die reddingswerkers was verpletter. Hulle het die toneel bekyk en gesien dat die mans in ‘n kring gesit het. Mary se pa het haar boekie op sy skoot gehad. Dit was nog oop op die laaste bladsy, waar die verlossing verduidelik word. Haar pa het op daardie bladsy ‘n spesiale boodskap aan Mary geskryf: ‘My liewe Mary teen die tyd wat jy hierdie boodskap vind, sal ek by jou moeder wees. Terwyl on op redding gewag het, het ek die boekie verskeie kere aan die ander mans voorgelees. Ons hoop op redding vir hierdie lewe is vinnig aan die kwyn – maar nie vir die volgende nie. Ons het gebid soos wat jou boekie voorgeskryf het. Ek is baie lief vir jou en eendag sal ons almal in die hemel saam wees.’

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

As jy twyfel en sekerheid wil hê gaan gerus na die volgende skakel : http://www.jesussaves.co.za

Scroll to Top